Dit is al wat ek nou nodig gehad het.....ek het gegaan om my agter deur te sluit en daar wil die slot nie werk nie, dit het gebreek. Dit beteken dat ek die ding nou moet uithaal en ‘n nuwe een gaan koop om die stukkende een te vervang. Geen probleem nie, dit neem net 5 minute.
Eerstens moet jy die deur hanvatsels van die deur af verwyder met die gebruik van die skroewedraaier (afhangende van watter skroewe in die deur is, moet jy die korrekte skroewedraaier gebruik), en haal die handvatsel pen uit. Die handvatsel pen is die stuk yster wat deur die gat van die slot pas warop die handvatsels in plek gehou word sodat jy die deur kan oopmaak wanneer jy die handvatsel afdruk.
Nadat jy die handvatsels verwyder het, kan jy nou die skroewe losmaak aan die voorkant van die deur wat slot in plek hou, en dan kan jy die slot uithaal.
Noudat jy die slot uit gehaal het, neem dit saam met jou na die hardeware winkel toe sodat jy kan kyk na watter slot die regte een sal wees. Daar is baie verskillende slotte op die mark so jy moet seker maak dat die nuwe slot wat jy gaan koop, die regte groote is en dat die sleutelgat in die regte plek is as die ou slot. As jy nie seker is nie, vra vir die winkel assistent om jou te help om die regte slot te kies.
Nou het jy die nuwe slot en jy kan dit nou installeer. Sit die slot in die gat waar dit moet gaan, maak dit vas met die skroewe, sit die handvatsel pen deur die gat in die slot, sit die hanvatsels op en maak die skroewe vas. Nou het jy n nuwe deurslot wat kan sluit.