So, jy het partytjie by die huis gehad en gas het hul sigaret op jou splinternuwe ingeboude mat laat val en n gat daarin gebrand, maar nie te erg nie. Moenie stress nie, solank jy erens nog n stuk van die mat het wat jy gehou het, kan jy maklik die probleem oplos.
Read in English
Begin om die gebrande area uit te sny. Probeer om tussen die nop te sny sodat die sny van die vleg minimaal is. Probeer om die uitsny van die gebrande kol so klein as moontlik te hou. Wanneer jy die kol begin uitsny, moenie te hard druk met die timmerman mes nie. As jy te hard druk, kan jy die ondervilt van die mat weg sny en jy wil dit nie doen nie aangesien die ondervilt die skakel is tussen die mat en die stukwerk.
Sny die stukwerk uit die afvalstuk mat uit en maak seker dit volg dieselfde basis as die area wat reg gemaak moet word. As jy mooi kyk, sal jy sien dien nop volg herkenbaar lyne. Wanner jy die stukwerk sny, sny dit effens groter as die stuk wat jy uit die mat uit gesny het. Met versitigheid, sny weg enige los garing.
Pas nou eers die stukwerk om seker te maak dit pas netjies in die uit gesnyde area. Knip dit effens indien dit nodig is totdat dit netjies pas. Wanneer dit mooi pas, haal dit uit, smeer die gom op die ondervilt en op die stukwerk en los dit om te kuur volgens die vervaardiger se instruksies.
Plas die stukwerk in plek en druk liggies. Plaas n paar swaar boeke bo op en los dit vir n paar uur totdat die gom droog is.
Daarna kan jy die boeke wegneem en jou mat sal weer nuut lyk.