Wanneer jy partykeer na jou klere en kombuis kaste kyk, dan lyk dit of hulle skeef is of die deur hak vas op die grond wanneer jy die kas oopmaak.
Meeste kaste het, wat hulle noem, ‘n "verstreekte 180° skanier".
Hierdie skarniere lyk ingewikkeld om te stel, maar as jy weet hoe hulle werk dan is dit eintlik maklik. Ek het ‘n kas deur gehad wat heeltyd aan die grond vas gesit het wanner ek die deur oop gemaak het. Ek het toe besluit om die deur skanier reg te stel voordat die deur verder verniel word op die grond.
Al wat jy sal benodig is ‘n Phillips (ster) skroewe drywer en geduld. Kyk na die prent van die deur. Die deur lê skeef af grond toe van links na regs, so elke keer wanneer ek die deur oop maak, dan skuur die deur teen die grond aan die regter kant waar die deur oop maak.
Die deur word inplek gehou met 2 skarniere, een aan die onderkant van die kas en een aan die bo kant.
Kyk na die skarniere. Jy sal sien dat elke skarnier 3 skreowe het. Moet jouself nie kwel oor die middelste skroef nie, jy moet net konsentreer aan die skroewe links en regs daarvan. Omdat die deur nou vashaak, moet ek die skroewe toepaslik instel sodat die deur nie meer sou vashaak aan die grond nie. Ek het die regter kant se skroef effens los gemaak sodat ek die deur van onder af kon oplig. Dit het die skarnier geskyf sodat die skroef heel regs was van die gat en toe maak ek die skroef weer vas. Ek het nog geen instelling aan die linker skroef gedoen nie want ek moet eers die boonste skarnier se regter skroef ook instel. In die prent, kan jy nou sien dat die regter kant se skroef heel regs is van die gat.
By die boonste skarnier het ek ook die skroef aan die regter kant los gemaak en die deur geskuif totdat die skroef heel links was van die gat toe maak ek die skroef weer vas. In die prent sal jy dit sien.
Nadat ek die stellings gedoen het, het ek die deur begin toemaak tot waar dit teen die grond weer vasgehaak het. Die rede hiervoor was om te kyk na watter skroewe op die skarnier moet ek nog instel.
Op die onderste skarnier, het ek die linker skroef die keer bietjie losgemaak mar was versigtig om dit nie te veel los te maak nie anders sou dit uit die gat uit kom. Aan die boonste skarnier het ek die linkerkanste skroef bietjie vas gemaak. Wanneer jy die skroewe begin stel, dan word die deur ook ingestel sodat dit nie lyk of dit skeef is nie en dit lig ook die kas deur sodat die nie meer op die grond vashaak nie.
Nadat ek die skroewe ingestel het, het ek die deur toe gemaak en die keer het dit nie an die grond vas gehaak nie.
Die skroewe aan die regter kant posisioneer die deur sodat dit nie skeef sal lyk nie, mar die werk nie altyd nie, daarom is die skroewe aan die linker kant instelbar sodat dit nie net die deur reguit mak nie maar die deur of lig of lat sak soos jy dit nodig het.