Ek het hierdie lank vierkante vesel glas blom pot buite op my voorportaal wat oor geval het gedurende 'n sterk windstorm en het erg gekraak van bo tot onder. Mmmmm nou het ek 'n keuse, een van beide, gooi dit weg, wat n redelike klompie geld gekos het, of ek kan probeer om die blom pot te herstel en dit nogsteeds gebruik vir die doeleindes waarvoor ek dit in die eerste plek gekoop het, om bamboes stingels daarin te hou as versiering stuk. Ek het maar verkies om te pot te herstel. Nou, partykeer loop dinge nie altyd volgens plan wanneer jy iets wil herstel nie en dit is wat hier met my gebeur het.
Eerstens, plaas die blom pot houer bo-op die koerant sodat enige gom wat jy sal mors bo op die koerant sal val. Maak seker dat die kraak aan die bine kant skoon is van enige sigbare stof of vullis. Indien daar enige stof of vullis is, blaas dit uit of gebruik n borsel of klein besem om dit skoon te maak.
Nadat dit gedoen het, kan jy nou die caulking pistool neem en die buis no-more-nails binne in die pistool plaas.
Hier is waar dinge heeltemaal verkeerd geloop het. Ek het die buis no-more-nails al vir n rukkie gehad en het nie daaraan gedink dat van die gom dalk binne in die buis by die uitlaat al gedroog het nie. Ek gaan toe voort om die sneller van die caulking pistool te druk, en, so dom so wat ek was, kom nie onmiddelik ager ek besig is om dinge verkeerd te doen. Ek druk die sneller met al my krag en uweskielik, breek die uitlaat van die buis en die handvadsel van die caulking pistool. Ek kon myself geskop het maar nou moet ek n ander plan maak om die gom uit die buis te kry.
Maklik, ek gebruik die staaf aan die agterkant van die caulking pistool en met 'n bietjie krag, stoot ek die staaf binne-in teen die rug einde van die buis, en die gom word uitgedruk by die uitlaat waar nit gebreuk het.
Soos wat jy nou die gom uitdruk, gebruik jou vinger om die gom te skep en vryf dan die gom binne in die kraak in van onder af na bo.
Wanneer jy nou klaar genoeg gom in die kraak gesit het, vat die klein stuk lap, maak dit nat en druk die water uit sodat die lap net klam is. Sit die lappie oor die gedeelte van die kraak aan die bokant. Neem dan die sperrat bind af tou en sit dit rondom die bo kant van die blomme houer en maak seker dat die sperrat tou oor die klam lappie ook gaan om te voorkom dat dit vol gom word. Trek nou die sperrat tou styf vas om die blomme houer.
Met die vasbind en styftrek van die sperrat tou, sal jy nou sien dat sommige van die gom by die kraak uitgedruk word aan die kante. Gebruik jou vinger om die oortollige gom te verwyder.
Nadat jy die oortollige gom verwyder het met jou vinger, neem die groot stuk lap, maak dit nat, druk uit die oortollige water en maak nou rondom die blom pot skoon waar die gom versprei het uit die kraak uit sodat dit mooi en netjies lyk.
Wanner jy nou klaar is met die hele proses, kan jy nou die houer net so los met die sperrat tou om vir 24 uur totdat die gom goed droog is. Daarna kan jy die sperrat verwyder, die blom pot terug op sy plek sit en die bamboes stingels weer daarin terug sit.