crafty corner Home   crafty corner Classes   Craft Products Products   commissions Commissions   team building Team Building   media events Media   about us About Us   contacts button Contact Us   facebook button  
crafts Crafts
kids Kids
diy D I Y
recycle Recycle
subscribe to crafty corner Designs
subscribe to crafty corner Subscribe
crafty corner site search Search

Read in English

VOORWOORD

Materiaalverf, oftewel lapverf soos dit ook bekend staan, is tans een van die gewildste stokperdjies en tydverdrywe in Suid-Afrika - enersyds omdat dit kreatief en terselfdertyd heerlik ontspannend is en andersyds omdat dit aan enigeen die geleentheid bied om teen n baie redelike prys sy eie woonplek te versier, om mooi, dog goedkoop geskenke te maak of om 'n ekstra inkomste te verdien deur klaarvervaardigde artikels soos kussings en tafeldoeke te verkoop. Boonop gee die aanskoue van I n mooi afgehandelde projek' n mens se selfvertroue sommer ook' n groot hupstoot! Die heel lekkerste deel van lapverf is die feit dat daar nie eintlik 'n regte of verkeerde manier van doen is nie, en ook dat geen twee eindprodukte ooit dieselfde lyk nie omdat elke mens 'n patroon verskillend interpreteer.

BENODIGDHEDE

Materiaal

Vir die beste resultate moet natuurlike vesel gebruik word, soos bv. lOO % suiwer katoen, gebleikte of ongebleikte linne, wol, sy of viskose. 'n Maklike manier om vas te stel of 'n sekere materiaal vir lapverf gebruik kan work, is omI n hoekie daarvan aan die brand te steek en dan onmiddellik die vlammetjie te blus. Voel nou met die wysvinger en duim oor die gebrande gedeelte. Indien dit dieselfde dikte is as die res van die lap kan dit gebruik word, maar as daar' n dikker swart riffie gevorm het, is die materiaal nie geskik vir lapverf nie, aangesien daar dan poliester of ander kunsvesels in die vesel is. Hoe hoer die poliesterinhoud van materiaal soos bv. polikatoen, hoe groter is die kans dat die verf sal vloei. Gebruik die brand metode om vas te stel of die materiaal geskik is.

Dit is baie belangrik dat alle materiaal voor gebruik in warm water gewas en dan gedroog en gestryk word, aangesien nuwe materiaal met stysel behandel word om dit netjies en kreukeltraag te laat vertoon. Hierdie stysellaag verhoed dat die verf in die vesels van die materiaal indring en die resultaat sal lyk asof die verf reeds na die eerste was afgewas word, en die produk afgeleef en uitgewas vertoon. Die feit dat die materiaal vooraf gewas word sal ook die moontlikheid van krimping van die finale produk uitskakel. Materiaalverf word hoofsaaklik op wit of naaswit materiaal gedoen. Indien die behoefte bestaan om op donker materiaal soos bv. denim te verf, word daar van opaakverf gebruik gemaak, aangesien die tipe verf ondeursigtig is en die kleur van die materiaal dus nie deur die geverfde gedeeltes sal deurskyn nie. 'n Ander oplossing vir dieselfde probleem is om mock discharge te gebruik, maar meer hieroor in die volgende afdeling.

Verf

Materiaalverf is beskikbaar in 'n verskeidenheid kleure wat saamgestel is uit die drie primere kleure, nl. blou, geel en rooi. Wanneer enige twee van hierdie primere kleure op 'n een tot een basis gemeng word, ontstaan n sekondere kleur soos bv. pers, oranje of groen. Tersiere kleure soos bv. turkoois ontstaan deur die mengsel van een primere kleur met een sekondere kleur, ook op 'n een tot een basis. Neutrale kleure soos bruin en grys is mengsels van twee of meer van die primere en sekondere kleure.

Extender - uitbreisel

Uitbreisel of extender, ook bekend as cut clear, is 'n kleurlose emulsie en vorm die basis van alle materiaalverf. Om enige kleur verf te verkry, word die pigment van die spesifieke kleur met extender gemeng. Om 'n kleur ligter te maak of verskillende skakerings van dieselfde kleur te verkry kan meer extender bygevoeg word, maar onthou dat die kleur deurskynend sal word indien te veel extender bygevoeg word. n Laag extender vorm 'n goeie basis waar skakering gedoen moet word, of vir die kraptegniek wat later onder TEGNIEKE beskryf sal word.

Gewone materiaalverf

Gewone materiaalverf, in Engels ook bekend as textile screen-printing ink, het 'n waterbasis en is uiters geskik vir gebruik op wit en naaswit materiaal, maar dit is belangrik om te onthou dat ligte verfkleure nie op donker lappe wys nie.

Opaakverf

Opaakverf is beskikbaar in die drie primere kleure (blou, geel, rooi) asook wit en word veral gebruik om op donker materiale te verf, aangesien dit ondeursigtig is en die kleur van die materiaal dus nie deur die geverfde gedeeltes sal deurskyn nie. Enige kleur kan uit die beskikbare kleure vermeng word, of deur wit opaakverf by enige kleur gewone materiaalverf te voeg. Die laasgenoemde sal egter die gevolge he dat die verf ondeursigtig word en ligter vertoon, meer soos n pastelkleur. Opaakverf is baie dik en kan met extender verdun word. Dit kan ook gebruik word om foutjies weg te dokter en nadat die opaakverf heetemal droog is, kan daar weer oor die spesifieke area geverf word.

Mock discharge

Mock discharge is n produk wat, soos opaakverf, gebruik kan word om op donker agtergronde te verf, asook op reeds geverfde agtergronde. Die ondeursigtigheid van die kleur sal verhoog nadat die lap met hitte geset is. Dit is ook handig om te weet dat die tekstuur van hierdie verf growwer is as die van gewone materiaalverf.

Metaalverf

Metaalverf is geskik vir gebruik op enige kleur materiaal en word in twee kategoriee verdeel die met n metaal basis en die met n perelbasis. Die laasgenoemde is nie so glansend soos die met t n metaalbasis nie, maar die raklewe daarvan is baie langer.

Perelverf

Perelverf is baie gewild onder lapverwers vanwee die fantastiese effek wat hiermee verkry kan word. Enige kleur perelverf kan verkry word deur eenvoudig pearly clear by gewone verf te voeg. Perelverf is baie effektief vir glanspunte en skakering omdat dit n sagte perelskynsel gee. Dit is veral gewild as omlyners en is in enige kleur beskikbaar. Net soos metaalverf, is perelverwe geskik vir gebruik op enige kleur materiaal.

Omlyners

Omlyners is basies verdunde lapverf. Dit word in botteltjies met dun tuite gesit, wat 'n klein gaatjie het sodat slegs n klein hoeveelheid verf op n slag vrygestel word. Perelverwe is uiters geskik as omlyners en deur In bietjie extender by metaal verwe te voeg, kan ook hulle vir die doel aangewend word.

Kwaste

Die keuse van die grootte en vorm van kwaste vir n spesifieke projek is baie relatief, aangesien dit afhang van die detail van die projek. Vir n projek met fyn detail sal uiteraard heeltemal verskillende kwaste gebruik word as om bv. groot blomme op 'n tafeldoek te verf. As In reel is dit dus wenslik dat 'n mens In paar kwaste van verskillende tipes en groottes sal aanskaf. Varkhaarkwaste is in 'n verskeidenheid reekse en teen verskillende pryse by kunswinkels en ander verspreiders beskikbaar. Dit is goed om van die begin af aan eerder in goeie (gewoonlik duurder) kwaste te gebruik, aangesien die goedkoper kwaste dikwels hul haartjies verloor. Varkhaarkwaste is die mees geskikte tipe vir lapverf omdat hul haartjies reguit en stewig is en die kwaste 'n hoe digtheid het. Soos in die geval van nuwe materiaal, word kwas hare ook in die fabriek met stysel behandel om hulle netjies te laat vertoon. Om die stysel te verwyder en terselfdertyd van enige moontlike los haartjies ontslae te raak, moet kwas hare voor gebruik 'n paar keer liggies tussen dieduim en wysvinger deurgetrek word. Plat varkhaarkwaste word die algemeenste vir lapverfwerk gebruik. Hulle is, in teenstelling met ronde kwaste, veral geskik om reguit lyne te verf. Die sykant van n plat kwas word gebruik om in klein hoekies in te kom. n Paar groot ronde varkhaarkwaste, d.w.s. kwaste met geronde punte, is altyd handig vir die verf van kolle of ander rondings, sowel as vir die verf van plat vlakke. Dit is egter nie geskik vir die verf van reguit lyne nie. Fyn, gepunte kwaste word gebruik vir die verf van baie fyn detail. Kwaste ven sabelhaar is veral aan te bevele vir hierdie doel. Stensilkwaste is ronde varkhaarkwaste met' n hoe digtheid en waarvan die punte gelyk afgesny is, wat hulle uiter: geskik maak vir stensilwerk. Hierdie kwaste is ook in verskillende groottes beskikbaar. Sponskwaste, lapverfrollers en hoedigtheidsponse is in verskillende groottes beskikbaar. Hulle gee n baie egalige effek en vergemaklik dus die verf van agtergronde en buiterande aansienlik. Enige van hierdie hulpmiddels kan ook baie effektief aangewend word om enige oortollige verf van In reeds geverfde oppervlak te verwyder, mits die verf natuurlik nog nat is.

Water

Om te verhoed dat n mens kort-kort moet opstaan om 'n gebruikte spons, roller of palet te gaar was sodat die verf daaraan nie hard word nie, is dit altyd handig om 'n emmer seepwater eenkani gereed te hou. Plaas alle toerusting (behalwe kwaste) direk na gebruik hierin en was alles na afloop van die verfsessie gelyktydig.'n Kleiner houer met 'n deksel wat styf pas (bv. 'n lee konfytflessie) moet met skoon water gevul en byderhand gehou word om kwaste telkens deeglik in af te spoel voordat daar na In ander kleur oorgeskakel word. In Nat kwas sal tot gevolg he dat die verf vloei. Kwaste moet nooit in die water bly staan nie, aangesien water agter die aluminiumbandjie sal intrek en 'n mens die kwas nie behoorlik droog sal kan kry nie. Hou ook altyd die waterbottel dig toe wanneer dit nie gebruik word nie, want' n bottel water wat oor jou verfwerk omgestamp word sal rampspoedige gevolge he.

Werkspasie

'n Werkoppervlak wat groot genoeg is vir die projek en die benodigdhede moet vooraf met plastiek bedek word om dit te beskerm. In die geval van groot projekte soos tafeldoeke, word die verfwerk in seksies verdeel. Dit is slegs wanneer die buiterand van bv. 'n tafeldoek geverf moet word dat 'n groter oppervlak nodig is - groot genoeg om ten minste een sy op 'n keer te kan verf. Verf wat deur die materiaal dring om later' n droe neerslag op die werkoppervlak te vorm moet gereeld verwyder word, anders kan dit weer sag word en vlekke veroorsaak wanneer die materiaal verskuif word of daar met 'n nuwe projek begin word. Om rugpyn te voorkom, maak seker dat beide diewerkoppervlak en die stoel'n geskikte hoogte het, veral wanneer daar vir lang tye aanmekaar gewerk word.

Ligtafels

'n Ligtafel is baie handig vir gebruik by lapverfwerk. Dit bestaan uit 'n kissie waarin 'n lig geplaas is en het' nondeursigtige glasblad bo-op. Die patroon word in 'n plastiekslopie geplaas om dit te beskerm en dan met kleefband op die glasblad vasgeplak. Daarna word die materiaal boop die patroon in posisie geplak. Wanneer die lig aangeskakel word, skyn die patroon deur die materiaal en kan daar met gemak tussen die lyne geverf word. Dit skakel die nodigheid uit om die patroon eers op die materiaal af te trek en skakel onnodige lyne op die materiaal uit.

Skryfbehoeftes

Indien 'n mens nog nie oor 'n ligtafel beskik nie, is 'n sagte potloodnodig om die patroon liggies op die materiaal af te trek.' n Materiaalpen kan in plaas van omlyners gebruik word vir omlyning. Onthou dat gewone veltpenne wateroplosbaar is en dus nie geskik is vir omlyning op materiaalverfwerk nie, aangesien die kleur sal vloei wanneer die fuateriaal gewas word of enigsins met vloeistof in aanraking kom. 'n Lineaal is natuurlik onontbeerlik vir die trek van lyne, blokke of buiterande. Gewone klee fband is nodig om patrone en materiaal op die werkoppervlak of ligtafel in posisie te plak. Maskeerbandword gebruik om blokke, lyne of buiterande af te baken voordat dit geverf word. Maak seker dat die maskeerband baie goed op die materiaal vasgevryf word, anders sal die verf onder die rand daarvan invloei en sodoende afbreuk doen aan die eindproduk. 'n Skuifspeld, kopspeld of naald is gewoonlik baie handig om verstopte gaatjies in die voorpunt van omlynerbottels oop te steek.

Papierhanddoeke

Papierhanddoeke of enige absorberende papier is nodig om werkoppervlakke skoon te maak, hande aan af te vee, kwaste mee droog te maak of oortollige verf of extender aan af te vee.
Stempels, stensils en drukblokke
Stempels, stensils en drukblokke is vryelik in die handel beskikbaar en het oneindige toepassingsmoontlikhede. Elk van hierdie tegnieke het egter sy eie moets en moenies en dit sal raadsaam wees om eers inligting in te win en 'n bietjie te eksperimenteer voordat groot projekte aangepak word. Hoedigtheidspons kan in verskillende vorms gesny en as stempels gebruik word.

NASORG

Die belangrikheid van die nasorg van enige voltooide lapkunswerk kan nie genoeg beklemtoon word nie. Met nasorg bedoel ons eintlik die voorsorg wat onmiddellik na afhandeling van die projek getref moet word om te verseker dat kleure nie sal vloei, uitwas of verbleik wanneer die voltooide item gewas word of enigsins met vloeistof in aanraking kom nie. Die volgende stappe moet gevolg word nadat die verfwerk voltooi is:-

Set met hitte

Om mee te begin moet die voltooide stuk werk eers vir 'n paar dae eenkant gelaat word om ordentlik droog te word.

daarna word dit op een van die volgende maniere met hitte geset:-
  • Tuimeldroog die lap op hoe hitte vir ten minste 45 minute.
  • Gebruik 'n parsmasjien soos bv. 'n EInapress en pars die lap volgens die instruksies vir katoen, d.w.s. op hoe hitte.
  • Voorverhit I n gewone oond tot op 130C. Vou die lap op met die geverfde gedeelte na binne toe en plaas dit in n oondpan.
  • Skakel nou eers die oond af en plaas dan die oondpan met die lap in die oond. Laat dit oornag in die oond staan.
  • Indien I n mens nie toegang tot enige van die voorgaande hittesetmetodes het nie, kan die lap op die agterkantmet I n strykyster gestryk word. Stel die yster op hoe hitte. Werk sistematies en stryk die lap kol-kol vir ongeveer 3 minute per area. Maak seker dat elke deeltjie van die lap gestryk is, anders sal die verf op die plekke waar die lap nie goed gestryk is nie vloei of uitwas, met die gevolg dat die lap reeds na die eerste was op sekere plekke dowwer sal vertoon. Die strykmetode word nie aanbeveel nie, aangesien strykwerk dikwels nie lank genoeg gedoen word nie en daar dus nie genoeg hitte gegenereer word om die verf te laat set nie.

Kleurvastheid

Om te verhoed dat die voltooide artikel in die son verbleik, word dit nadat dit met hitte geset is vir ongeveer 20 minute in 'n 1:2 oplossing van sout en water geweek, d.w.s. een deel sout tot twee dele water. Moenie gejodeerde sout vir hierdie doel gebruik nie, slegs gewone tafelsout en maak seker dat al die sout heeltemal opgelos het voordat die artikel in die soutwater geplaas word. Spoel nou die artikel deeglik uit in koue water en laat droeg word.

Scotchgard

Scotchgard is 'n materiaalverseelaar en is in spuitkannetjies beskikbaar by afdelings- en hardewarewinkels. Dit is raadsaam om alle artikels hiermee te behandel nadat dit met hitte geset en vir kleurvastheid behandel is. Dit geld by uitstek vir artikels soos bv. lampskerms wat nie gewas kan word nie, maar beskerm ook artikels soos tafeldoeke teen vlekke.

Was en stryk

Aangesien vuilheid nie regtig in geverfde artikels intrek nie maar eerder bo-op gaan le, is dit gewoonlik slegs nodig om lapverfartikels liggies in louwarm seepwater en daarna in skoon water uit te spoel. Dit is by uitstek van toepassing op artikels wat met Scotchgard behandel is. Moenie sterk reinigers of bleikmiddels gebruik om die artikels mee te was nie, aangesien dit die verfkleure sal laat verbleik en die artikel gou oud en afgeleef sal vertoon.

Omlyners

Perelverwe en -omlyners trek nie soos gewone lapverf in die vesels van die lap in nie, met die gevolg dat dit kan aftrek w~.nneer die item gereeld gewas word of gedurende die tuimeldroogproses, veral in gevalle waar dit te dik aangewend is. Maak seker dat die verf waaroor perelomlyners aangewend word nog nat of ten minste klam is wanneer die omlyners aangewend word. Dit sal die wasbaarheid van die produk aansienlik verhoog.

TEGNIEKE

Sylaaitegniek

Om te sylaai beteken om verf aan die een helfte van 'n plat kwas te sit en extender aan die ander kant. Dit is 'n vinnige en effektiewe manier om skaduwee en glanspunte in jou werk te' skep. Doop die kwas eers in extender en klad enige oortollige extender af op 'n papierhanddoek. Trek die een kant van die kwas deur die verf sodat die helfte van die kwas met verf deurweek word. Trek nou die kwas versigtig heen en weer op I n skoon gedeelte van jou palet sodat die extender en die verf kan meng. I n Kwas wat korrek gesylaai is sal I n geskakeerde kwashaal tot gevolg he wanneer dit oor In oppervlak getrek word - donker aan die een kdnt, 'n tussenskakering in die middel en geen kleur aan die ander kant nie.

Dubbellaaitegniek

Om 'n kwas te dubbellaai beteken om twee kleure sy aan sy te dra. Dubbellading maak dit moontlik om tegelykertyd twee kleure langs mekaar op I n oppervlak aan te wend en hulle selfs effens te laat meng, sodat minder fisiese vermenging na die tyd nodig is. Begin deur die ligste van die twee kleure eerste op die een helfte van die kwas te laai en die donkerder kleur daarna op die ander helfte. Trek nou' n kwas haa I waar nodig op die materiaal. Die hoeveelheid druk wat op die kante van die kwas geplaas word, sal die mengsel van die twee kleure bepaal. Hierdie tegniek word veral gebruik wanneer natuurtonele geverf word aangesien geen voel, dier, grasvlakte of enigiets anders in die natuur I n deurlopend egalige kleur het nie.

Stippelwerk

Hierdie tekstuurtegniek word veral gebruik om lower en pels te skep. Laai In ou kwas of 'n stippelwerkkwas met 'n donker of middelkleur en tik die kwas op die palet om van oortollige verf ontslae te raak. Hou die kwas regop en stippe die verf op die verlangde area aan. Om diepte te verkry, stippel 'n ligter kleur langs die donkerder kleur aan.

Sponswerk

Hoedigtheidspons is baie effektief vir die verf van groot areas soos agtergronde en buiterande, enersyds vanwee die egalige effek wat daarmee verkry word en andersyds omdat dit 'n groot hoeveelheid verf absorbeer en 'n groot area dus vinnig geverf kan word. Sponse kan self gemaak word deur stoffeerspons te koop en dit met I n elektriese mes in die verlangde groottes te sny. Klein stukkies spons van verskillende vorms kan ook vir stippelwerk gebruik word.

Flotterende kleur

Hierdie tegniek word gebruik om 'n subtiele oorgang te skep van geen kleur na sagte kleur. Om te begin, doop 'n plat kwas in extender en klad enige oortollige verf op 'n papierhanddoek af. Doop 'n hoekie van die kwas in die verf en trek dit heen en weer op die palet om sodoende die verf deur die helfte van die kwashare te versprei. Plaas die verfdeurweekte kant van die kwas waar jy die donkerste kleur wil he. Wend die kwashaal egalig aan om 'n geleide1lke.oorgang van donker na lig te bewerkstellig.

Extender- of kraptegniek

'n Dik laag extender vorm' n uitstekende basis vir hierdie tegniek. Die tegniek behels dat sekere gedeelte eers met extender geverf word en terwyl die extender nog nat is, word dieselfde gedeelte met die verlangde kleur geverf, m.a.w. bo-oor die extender. Nou word In krapstokkie geneem en patroontjies, of miskien are in die geval van blare, in die nat verf getrek. Sosatiestokke, tandestokkies of selfs die agterkant van' n kwas maak uitstekende krapstokkies.

mosaic classesadvertise on crafty corner